Die 28 Dae Eetplan
7 Dae Uitdaging

Die 7 Dae Uitdaging

is spesifiek saamgestel om jou deur die eerste sewe dae van

Die 28 Dae Eetplan te dra.

Die 7 Dae Uitdaging is ‘n maaltydplan vir die eerste 7 dae van Die 28 Dae Dieet. Dit beteken dat jou etes alreeds vir jou uitgewerk is vir elke maaltyd.

Geen kopkrap van jou kant nie

Byvoorbeeld: Waar die plan Hoender & Groente noem, ontvang jy ‘n maaltyd vir hoender en groente, sowel as ‘n resep daarvoor.

Vermy die risiko om ‘n fout te maak

Ontvang 21 maaltye (3 per dag) reeds uitgewerk saam met hul resepte vir elke dag. Aan die einde ontvang jy ook ‘n inkopielys vir die hele week wat spesifiek uitgewerk is volgens die gegewe resepte.

Inkopies so maklik soos 1, 2, 3

In kort, ons doen AL die beplanning sodat jy nie hoef nie. Maklik, nè?

'n Pasgemaakte 7 Dae Maaltydplan

Verwyder die kopseer om uit te werk wat om vir elke maaltyd voor te berei. Ontvang ‘n vasgestelde spyskaart vir al 3 maaltye, elke dag, vir die eerste 7 dae van die dieet.

Resepte Vir Elke Maaltyd

Elke maaltyd bevat ook ‘n volledige resep en foto, wat gerieflik georganiseer is volgens die etes van die dag. Al die resepte kom direk uit die amptelike resepteboek, Eet & Geniet.

'n Bypassende Inkopielys

Om hierdie pakket te voltooi ontvang jy 'n persoonlike inkopielys wat spesifiek volgens hierdie maaltydplan saamgestel is. Al die bestanddele is netjies gekategoriseer om jou aankope makliker en vinniger te maak.