VERKLARING VAN ONAFHANKLIKHEID

Eetplan Idees bestaan en werk heeltemal onafhanklik van enige ander organisasie, groep, sosiale media bladsy of individu wat op die 28 dae dieet aanspraak maak.

  1. Alle webwerwe, sosiale media bladsye en 28 Dae Dieet inhoud wat nie van hierdie webwerf verkry word nie, of aan hierdie webblad gekoppel nie, is nie deel van ons handelsmerk nie.

  2. Ons aanvaar of beaam geen inligting oor die 28 Dae Dieet wat nie ons amptelike handelsmerk (d.w.s. logo) dra nie.

  3. Ons verklaar dat ons boeke, produkte en hulpbronne enig in soort is en ons die enigste verspreiders van sulke inhoud is.

 
HOE OM TE BESTEL

  1. Kliek "Buy Now" of "Add to Bag" op die produk wat jy wil bestel.

  2. Tik jou eposadres in en selekteer die boksie gemerk "I agree with terms and conditions".

  3. Tik jou besonderhede in en kliek op "Continue".

  4. Jy sal die afleweringsmetode sien. Kliek "Continue".

  5. As jy aanlyn wil betaal, kliek op "EFT, Krediet of Debietkaart" en volg die instruksies.

      OF

      Kliek op "Direkte Bankdeposito" om ons bankbesonderhede te sien.

  6. Kliek op "Place Order".

 
BETALINGSMETODES
  1. Alle bestellings moet vergesel wees van 'n betaling.

  2. Bestellings sonder betalings sal outomaties binne 3 ure na aankope gekanselleer word.

  3. Ons aanvaar onmiddellike EFT, Bitcoin, Kredietkaart en Debietkaart as betalingsmetode.

  4. Ons maak gebruik van die veilige betalingsportaal, PayFast vir alle internetbetalings.

  5. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige transaksies wat op die PayFast portaal gedoen word nie. Besoek gerus hul webblad vir meer inligting: https://www.payfast.co.za/

  6. Ons neem nie aanspreeklikheid vir kopers wie verkeerde verwysing vir hul betalings gebruik nie. Dit is elke koper se plig om hul betalingsbewys per epos na ons te stuur.

  7. Ons aanvaar ook direkte betalings na ons besigheidsbankrekening. Slegs EFT betalings word aanvaar.

  8. Eetplan Idees behou die reg om alle kontantdeponeringsfooie van OTM- en kontantdepositos vanaf die koper te verhaal.

 
AFLEWERING

Deur die aankoop van FISIESE PRODUKTE op hierdie blad, stem jy saam met die volgende terme en voorwaardes:

  1. Aflewering is slegs beskikbaar in Suid-Afrika.

  2. Bevestigde bestellings word op werksdae gestuur via Aramex Koeriers.

  3. Bestellings wat voor 12:00 ontvang en betaal is word dieselfde dag versend, mits dit 'n werksdag is.

  4. Bestellings wat na 12:00 ontvang en betaal is, word die volgende werksdag versend.

  5. Bestellings sal binne 1-3 werksdae afgelewer word. 

  6. Ons neem nie verantwoordelikheid vir enige vertragings wat deur Aramex plaasvind nie. Sodra jou pakkie aan die koeriers oorhandig word is ons nie meer in beheer nie.

  7. Bestellings word sonder versekering versend.

  8. Enige vrae oor aflewering kan direk aan Aramex Koeriers gerig word by 087 353 0252. 

  9. Kopers sal 'n opspoor kode ontvang sodra hul bestelling gestuur word. Dit is elke koper se eie verantwoordelikheid om die vordering van hul pakkies te monitor by parcelcode.com of parceltrack.co.za.

  10. Kopers MOET 'n fisiese adres verskaf, en verseker dat iemand by daardie adres sal wees om die pakkie te ontvang. Posbusse word nie aanvaar nie. Aramex Koeriers behou die reg om 'n addisionele fooi te hef vir die aflewering van pakkies na plase, plotte en/of ongeleë areas.

  11. Poskantoor bestellings moet binne 30 dae afgehaal word.

  12. Ons neem geen verantwoordelikheid vir pakkies wat teruggestuur word omdat niemand daarvoor kon teken nie. Kopers moet die pakkies op hul eie onkoste terug kry.

  13. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir kopers wie verkeerde, onvolledige of onbereikbare adresse of kontaknommers verskaf nie.