Honger Vir Verandering

'N ANALISE VAN DIE 28 DAE DIEET

EETPLAN IDEES

WAT IS "HONGER VIR VERANDERING?"

HOE VERSKIL DIT VAN DIE GRATIS WEERGAWE?

Honger vir Verandering” is die amptelike handleiding vir Die 28 Dae Dieet, wat beoog om al die vrae en onsekerhede oor die dieet aan te spreek.

Dit bemagtig die leser om ingeligte keuses te maak, gebaseer op 'n analise van die dieet en gewigsverlies.

“Honger vir Verandering” is 'n fisiese boek, in volkleur gedruk en professioneel gebind. Die omvang  van die boek strek ver verby die beperkinge van die gratis PDF.

Dit delf dieper in die hoekoms en waaroms, en bevorder sodoende 'n beter begrip oor hoe jy die 28 dae dieet in jou lewe kan implementeer.

Spesifieke aandag word geskenk aan gesondheid en nie net gewigsverlies nie, sodat jy jou doelgewig kan behou. 

"Niemand wil soveel moeite doen om gesonde gewoontes aan te leer
net om dit af te leer wanneer jy ophou dieet nie."

WAT BEHELS DIT?

3-FASE BENADERING

‘n Stelselmatige benadering tot die dieet vir diegene wie dit moeilik vind om vanaf die eerste dag aan die strenger vereistes van die plan te voldoen.

VERPERSOONLIKE PLANNE

Verpersoonlike interpretasie van die dieet vir mans, diegene met diabetes, vir diegene wie hul gewig wil volhou sowel as 'n vakansieplan.

ANALISE VAN DIE DIEET

Leemtes van die dieet word aangespreek gebaseer op die volhoubare verteenwoordiging van al die voedselgroepe, wat die opsies vir voedselkeuses verbreed.

EK STEL BELANG!

Voltooi die onderstaande vorm indien jy 'n kennisgewing wil ontvang sodra "Honger vir Verandering" gereed is vir bestelling.