DIE 28 DAE EETPLAN

MEER INLIGTING

WAT IS DIE 28 DAE EETPLAN?

Die 28 Dae Eetplan is ‘n gewigsverlies program wat spesifiek bedoel is om persone te help om gewig te verloor en die nodige leefstyl-veranderinge te leer om hul doelgewig te handhaaf.

Hoe meer gewig jy het om te verloor, hoe vinniger sal jy gewig verloor.

Dit is ‘n baie praktiese eetplan wat bestaan uit al die kossoorte wat ons oor die algemeen in ons kombuise aanhou – niks vreemd of uitheems nie.

 

Hoe werk dit?  

Die eetplan bestaan uit ‘n voorafbepaalde spyskaart vir 3 maaltye ‘n dag, vir 28 dae.

 

Jy kan op enige dag begin (nie noodwendig die 1ste dag van die maand, of ‘n Maandag nie), solank jy die plan van Dag 1 tot 28 in die korrekte volgorde volg.

 

  • Die eerste week is die moeilikste, aangesien dit die detoks fase is waar-tydens jou liggaam van al die gifstowwe ontslae raak en aanpas by jou nuwe eetgewoontes.

  • Jy kan die 28 dae herhaal vir soveel keer as wat nodig is om jou doelgewig te bereik.

  •  Jy kan ‘n breuk neem tussen rondtes, of jy kan die rondtes agtereenvolgend voltooi.

  • Dit is beter om nie ‘n breuk tussen rondtes te neem voor jy nie jou doelgewig bereik het nie, aangesien dit dan baie moeiliker sal wees om weer te begin as jou breuk te lank was.

  • As jy wel ‘n breuk wil/moet neem, word ‘n breuk van 1 tot 3 dae aanbeveel voor die aanvangs van jou volgende rondte.

 

Vir wie is  dit?

Identifiseer, verstaan en glo in jou hoekom. Besluit op ‘n rede, of ‘n paar redes,  waarom jy die eetplan volg.  Skryf dit neer en plak dit teen jou spieël of maak ‘n notatjie op jou selfoon  waarna jy gereeld kan loer.

  • Die eetplan is spesifiek bedoel vir oorgewig en vetsugtige persone wie sukkel om gewig te verloor.

  • Voor jy enige nuwe dieet aanpak moet jy jou dokter raadpleeg om te bevestig of die plan geskik is vir jou, veral as jy enige mediese toestande het en/of enige medikasie neem.

  • Jou dokter sal adviseer of hierdie plan dienstig is tot jou toestand.

  • Omdat hierdie eetplan so opgestel is om jou bloeddruk te laat daal, moet diegene met lae bloeddruk hierdie plan met voor-sorg aandurf.

  • Die plan is nie geskik vir diegene wie swanger is of borsvoed nie.

HOE VERLOOR JY GEWIG?

Die fundamentele manier waarop die liggaam vet verbrand is om ‘n kalorie tekort te skep: Jy eet minder kos as wat jou liggaam nodig het en forseer sodoende jou liggaam om die nodige energie te verkry deur die vet reserwes te verbrand. Die sukses van die plan berus op 3 belangrike beginsels van gewigsverlies:

 

Ongeveer 5 ure tussen maaltye  

Die eetplan bestaan uit 3 maaltye per dag met geen peuselhappies tussen maaltye nie. Dit gee jou liggaam die geleentheid om jou reserwe energiebronne (m.a.w. oortollige vet) te verbrand om energie te verkry.

 

Dit veroorsaak ook die optimale werking van jou metabolisme en organe wat betrokke is by die spysverteringsproses, aangesien hierdie organe nie konstant besig is om voedsel te verwerk en gifstowwe af te breek nie.

 

Kleiner Porsies

Die waarheid is dat die meeste van ons oorgewig is omdat ons te veel het, te gereeld eet, vir verkeerde redes eet of al die voorafgaande.

 

Een van die belangrikste beginsels is die sny van porsies sodat ons slegs inneem wat ons liggaam benodig om te funksioneer – niks meer nie.

Geen suiker, vet of ongesonde koolhidrate

Hoe hierdie eetplan van ander diëte verskil is dat die plan geen voedselgroep uitsluit nie. Dit bevat ‘n bietjie van alle voedselgroepe (koolhidrate, groente, vrugte, proteïene, suiwelprodukte en vette) in die korrekte hoeveelheid en vir optimale gesondheid. Onnatuurlike suikers, ongesonde vette en ‘n oormaat koolhidrate is 3 van die hoof sondebokke wat tot vetsug-tigheid bydra.

Skep 'n gratis profiel om die riglyne te sien