ONS STORIE

Eetplan Idees is passievol oor Die 28 Dae Dieet — een van die min diete wat werk. Dit is hierdie passie wat ons daagliks inspireer om die dieet te analiseer, konstant navorsing te doen en hulpbronne te ontwerp om diegene te help om suksesvol te wees op hul gewigsverlies reis.

Eetplan Idees was gestig in 2017 met niks behalwe 'n begeerte om mense te help om sukses met Die 28 Dae Dieet te behaal. Vandag, 'n skamele twee jaar later, spog ons met twee resepteboeke, 4 selfoon "apps", 'n joernaal en 'n webblad waar Suid-Afrikaners van regoor die wêreld kan inskakel om betroubare inligting oor die dieet te verkry.

Ons missie is om te verseker dat Die 28 Dae Dieet beskikbaar is vir enige persoon, enige tyd en op enige plek.

Ons visie is om die sukses van Die 28 Dae Dieet nasionaal asook wêreldwyd te versprei.

WAARDES

INTEGRITEIT

Om ten alle tye eerlik en opreg te wees in 'n industrie wat bekend is vir sy omstredenheid.

Om 'n toeganglike en vriendelike omgewing te skep waar geen persoon gebaseer op sy/haar opinies, waardes of agtergrond van die dieet weerhou word nie.

BETROUBAARHEID

Om te verseker dat alle inligting wat ons deel van nagevorsde bronne verkry word en om slegs produkte van die hoogste gehalte vry te stel.

INKLUSIWITEIT

  • Facebook
  • Google Play Social Icon
  • Instagram
  • Whatsapp

Posadres

Posbus 776

Wellington

7654 

Kontak Ons

Voltooi die vorm om ons te kontak.

Die dieet word op hierdie blad gekry en word nie per epos aangestuur nie.

Vrae oor die dieet kan in ons ondersteuningsforum gevra word.