Die 28 Dae Eetplan

Resepteboek

200 Smaaklike resepte vir die dieet

Die 28 Dae Eetplan Resepteboek

Eet & Geniet is die derde uitgawe van Die 28 Dae Eetplan resepteboek reeks. Dit bevat al die resepte uit die vorige uitgawes sowel as 'n addisionele 40, wat dit 'n skatkis van idees maak in enige 28 dagger se kombuis.

Jy hoef nie van kosmaak te hou om gewig te verloor nie

Kikker jou spyskaart op

Omdat Die 28 Dae Eetplan spyskaart beperk is moet jou drie maaltye per dag ektra spesiaal wees.

As jy werklik uitsien na elke maaltyd, sal jy die 28 dae kan voltooi? Ons dink ook so.

Wanneer jou kos lekker is vergeet jy dat jy op 'n dieet is!

Maak Moeilik, Maklik

Ontdek wat moontlik is met Eet & Geniet

01

Verwyder die onsekerheid oor watter bestandele en metodes toelaatbaar is op die plan.

03

Elimineer die gedurige soektog na resepte. Al die resepte is vasgevang in een pragboek.

02

Eet & Geniet stel jou in staat om jou spyskaart 1 dag, 1 week of selfs 1 maand vooruit te beplan - met gemak!

04

Word 'n meesterkok en verras jouself, jou gesin en kollegas met jou smaaklike geregte.

Spesialiteitsproduk

Eet & Geniet Resepteboek is eksklusief saamgestel vir Die 28 Dae Eetplan.

Dit is 'n eensoortige produk wat alleenlik en uitsluitlik vanaf hierdie webblad bekombaar is.

 

Resensies

Wat se ons kliënte?

28 Dae Dieet vriende, as jy nog nie vir jou die Eet & Geniet Resepteboek aangeskaf het nie, doen dit vandag. Dit maak die beplanning soveel makliker en die resepte is 'n wenner - almal heerlik en maklik om voor te berei. Ek gebruik soms twee resepte en meng die idees om by my eie styl van eet aan te pas. Die boek maak dit 'n plesier om op die eetplan te wees.

Amanda Gerber
Port Elizabeth, Oos-Kaap

Hierdie boek is van baie waarde vir elkeen wat die 28 dae dieet volg.

Elize Combrink
Witpoortjie, Gauteng

Wat 'n wonderlike verrassing toe ek die pakkie ontvang en die kwaliteit van die resepte sien. Die resepte is 'n groot aanwins om te help met die sukses van die dieetprogram. Baie dankie aan almal wat dit vir ons moontlik maak om met opgewondenheid ons program te kan volg.

Annalien Crafford
Pretoria, Gauteng

Die resepte maak dit maklik om die gesonde eet te volhou, met wat jy kan en mag gebruik, en dit nie 'n "boring" bord kos nie. My kollegas vra my, "And that interesting dish?"

Johan de Jager
Jetpark, Gauteng

Baie dankie vir 'n wonderlike produk. Ek is baie opgewonde oor my nuwe aankope.

Vonnie Visagie
Kuruman, Noord-Kaap

Die resepteboek is puik en absolute waarde vir geld!

Christa Heyns
Vryburg, Noordwes

Kan sien daar is baie moeite gedoen met die boek. Sal ook baie help om jou daaglikse etes te beplan en berei sonder dat dit vervelig sal raak.

Anette Visagie
Newcastle, KZN

Ek is baie gelukkig met die resepte boek. Stunning idees en ek gaan elkeen van hulle probeer. Baie dankie. Gelukkige klient, Yolande.

Yolande Wannenburg
Pomona, Gauteng

Ek as man van die huis, vind die resepte maklik en kan ook nou my deel doen in die kombuis.

Gerrie Burger
Rustenburg, Noordwes

Die resepte is lekker en baie idees wat dit nie boring maak nie.

Ansie Kapp
Oos-Londen, Oos-Kaap