VRYWARING

Die doel van hierdie webblad is om hulpvaardige en leersame materiaal te voorsien. Dit is nie saamgestel om enige mediese toestand te diagnoseer, behandel, genees of voorkom nie; en dit is ook nie saamgestel om die advies van enige mediese praktisyn te vervang nie. Geen aksie moet geneem word gebaseer op die uitsluitlike inhoud van hierdie webblad of enige produkte, hulprbronne of dokumente van Eetplan Idees nie. Raadpleeg altyd eers jou dokter of gekwalifiseerde mediese beampte rakende enige kwessies rondom jou gesondheid, en voor jy enige aanbevelings van hierdie boek aanneem of afleidings daarvan maak.
Die samestellers en uitgewers ontken spesifiek alle verantwoordelikheid vir enige aanspreeklikheid, verlies of risiko, persoonlik of andersins, wat as ‘n direkte of indirekte gevolg van die gebruik of toepassing van enige inhoud van hierdie webblad en gepaardgaande produkte aangegaan word.

 
DIGITALE AANKOPE

Deur die aankoop van ELEKTRONIESE PRODUKTE op hierdie blad, stem jy saam met die volgende terme en voorwaardes:

 

  1. As gevolg van die onherroepbare aard van digitale produkte sal geen terugbetalings op aankope uit hierdie kategorie gedoen word nie.

  2. Dit is die koper se verantwoordelikheid om te verseker dat hy/sy toegang het tot 'n eposadres wat hul in staat sal stel om eksterne inhoud af te laai.

  3. Moet asseblief nie jou werksepos gebruik om aankope van hierdie blad te doen indien daar enige elektroniese beperkinge op jou eposadres is nie.

  4. Vir elke digitale produk wat aangekoop word, sal die koper 'n epos ontvang met 'n skakel om die produk(te) wat hul gekoop het, af te laai.

  5. Dit is die koper se verantwoordelikheid om te verseker dat hulle hul eposse nagaan en die nodige internettoegang en/of data het om die produkte af te laai binne die gespesifiseerde limiet.

  6. Geen terugbetalings sal gedoen word indien die bogenoemde klousule nie nagekom word nie.

  7. Aflaai-skakels kan nie heropen word nadat 'n koper die aflaai-tydperk gemis het nie. Die koper moet die nodige reëlings tref om hul produkte betyds af te laai.
  8. Ons neem geen verantwoordelikheid vir kopers wie nie hierdie voorwaardes gelees het, of hulself met die volledige bestellingsproses verwittig het nie.

  9. Kopiereg op alle produkte op hierdie blad is streng voorbehou. Produkte is slegs vir persoonlike gebruik en mag nie gekopieer, versprei of gedeel word nie. Oortreders sal vervolg word.

 
AFLEWERING

Deur die aankoop van FISIESE PRODUKTE op hierdie blad, stem jy saam met die volgende terme en voorwaardes:

  1. Aflewering is slegs beskikbaar in Suid-Afrika.

  2. Bevestigde bestellings word op werksdae gestuur via Aramex Koeriers.

  3. Bestellings wat voor 12:00 ontvang en betaal is word dieselfde dag versend, mits dit 'n werksdag is.

  4. Bestellings wat na 12:00 ontvang en betaal is, word die volgende werksdag versend.

  5. Bestellings sal binne 1-3 werksdae afgelewer word. 

  6. Ons neem nie verantwoordelikheid vir enige vertragings wat deur Aramex plaasvind nie. Sodra jou pakkie aan die koeriers oorhandig word is ons nie meer in beheer nie.

  7. Bestellings word sonder versekering versend.

  8. Enige vrae oor aflewering kan direk aan Aramex Koeriers gerig word by 087 353 0252. 

  9. Kopers sal 'n opspoor kode ontvang sodra hul bestelling gestuur word. Dit is elke koper se eie verantwoordelikheid om die vordering van hul pakkies te monitor by parcelcode.com of parceltrack.co.za.

  10. Kopers MOET 'n fisiese adres verskaf, en verseker dat iemand by daardie adres sal wees om die pakkie te ontvang. Posbusse word nie aanvaar nie. Aramex Koeriers behou die reg om 'n addisionele fooi te hef vir die aflewering van pakkies na plase, plotte en/of ongeleë areas.

  11. Poskantoor bestellings moet binne 30 dae afgehaal word.

  12. Ons neem geen verantwoordelikheid vir pakkies wat teruggestuur word omdat niemand daarvoor kon teken nie. Kopers moet die pakkies op hul eie onkoste terug kry.

  13. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir kopers wie verkeerde, onvolledige of onbereikbare adresse of kontaknommers verskaf nie.

 
KANSELLASIES
  1. Fisiese produkte kan slegs gekanselleer word voor die uitreik van die opspoor kode. Na hierdie punt sal geen kansellasies meer moontlik wees nie, aangesien die pakkie dan uit ons hande en reeds in die versendingsproses is.

  2. Alle kansellasies is onderhewig aan 'n 5% kansellasie fooi om administratiewe en betalingsprossesseringskostes te dek.

  3. Geen omruilings word op fisiese produkte gedoen tensy die koper die nodige bewyse indien dat die produk beskadig is nie. Dit is die koper se verantwoordelikheid om sy/haar gekose produk in die korrekte taal te bestel.

  4. Omruilings vir defekte items word gedoen indien die defek binne 7 dae na aflewering aangemeld word, die nodige bewyse (bv. fotos) aanheg word en die items in hul oorspronklike verpakking terug gestuur word.

  5. As gevolg van die aard van digitale items is, sal geen terugbetalings of kansellasies op aankope in hierdie kategorie gedoen word nie.

 
TERUGVERSENDINGS
  1. Kopers MOET 'n fisiese adres verskaf, en verseker dat iemand by daardie adres sal wees om die pakkie te ontvang. Posbusse word nie aanvaar nie.

  2. Aramex Koeriers behou die reg om 'n addisionele fooi te hef vir die aflewering van pakkies na plase, plotte en/of ongeleë areas.

  3. Ons neem geen verantwoordelikheid vir pakkies wat teruggestuur word omdat niemand daarvoor kon teken nie. Kopers moet verseker dat hulle 'n adres verskaf waar hulle (of iemand anders) beskikbaar sal wees vir die ontvangs van die pakkie tussen werksure.

  4. In die geval waar niemand beskikbaar is by gegewe adres nie, sal die koeriers poog om die koper via selfoon te kontak om 'n alternatiewe afleweringstyd en/of 'n alternatiewe adres binne die beperkte radius te verskaf.

  5. Indien die koper nie bereikbaar per selfoon is nie, en niemand beskikbaar is by die gegewe adres, sal die pakkie op die derde dag terug aan ons gestuur word.

  6. Kopers moet die pakkies op hul eie onkoste terug kry.

  7. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir kopers wie verkeerde, onvolledige of onbereikbare adresse of kontaknommers verskaf nie.

  8. Poskantoor bestellings moet binne 30 dae afgehaal word. Die Suid-Afrikaanse Poskantoor stuur nie noodwendig kennisgewings vir die afhaal van pakkies nie. Kopers moet die vordering van hul pakkies by Parcelcode of ander opspoor webblaaie monitor.

  9. Poskantoor bestellings wat nie binne 30 dae afgehaal word nie, sal terug aan ons gestuur word. Kopers moet die pakkies op hul eie onkoste terug kry.

 
GEBRUIKSVOORWAARDES
  1. Gebruikers is welkom om hierdie webblad te besoek en/of gebruik vir hul eie persoonlike, nie-kommersiële en inligtingsdoeleindes.

  2. Tensy anders vermeld is alle produkte en hulpbronne op hierdie webblad (insluitende digitaal, fisies, gratis en/of betaal) slegs bedoel vir u persoonlike gebruik en kommersiële gebruik is streng verbode.

  3. Enige persoon of onderneming wat skuldig bevind word aan die kommersiële gebruik en/of verspreiding van enige Eetplan Idees produkte sal vervolg word en die nodige wetlike stappe sal gevolg word.